16 Mei 2023

Dagstuk
Handelinge 27

Paulus is op pad Rome toe, as gevangene, om aan die Keiser die evangelie te gaan vertel.

Die skip waarop hy, die soldate en sy vriende wat saam gereis het geseil het, het egter deur n massiewe storm op die Middelandse See gegaan.
Vir 14 dae was die skip in die storm vasgevang.

Paulus is egter deur ń engel bemoedig dat almal sou bly leef.
Na die skip se ondergang het almal oorleef.
Anders as met Jona wat almal in gevaar gestel het in die storm, was Paulus die rede vir almal se redding in die storm.

Here Dankie dat U n plan het met ons lewens en dat die storms om ons ons nie kan laat afwyk van U roeping op ons lewens nie.
U is ons Veilige Hawe!