14 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 18

Elkeen van ons staan self verantwoordelik vir jou eie verhouding met die Here!
Ons word nie gered op grond van ons ouers se geloof nie!
Elkeen moet self voor die Here in berou sy sonde bely en Jesus as jou Koning vereer, ongeag van jou ouers se keuses!

Al het jou ouers ń invloed op jou en jy op jou kinders, staan elke persoon steeds op die ou einde verantwoordelik vir sy eie ewige lewe deur Christus te kies!

Here, ons maak elkeen weer opnuut ń keuse vir U!
Dankie vir ouers wat U dien, maar ek wil U self gehoorsaam en leef!
U is die God van geslagte wat die seën wat U liefhet tot in die 1000ste geslag!