12 Mei 2023

Dagstuk
Levitikus 15

Vir manne en vroue van die Midde-Ooste in die bybelse tyd was verwerping van die gemeenskap vir geslagsiektes en selfs menstruasie algemeen.
Die genade van die Here is egter so wonderlik dat Hy gebruike en metodes instel om so ń persoon weer rein verklaar te kry en weer deel van die gemeenskap te maak.

So al was mense van tyd tot tyd onrein, is die genade van die wet dat dit tot n einde kom, anders as in ander kulture van die tyd wat mense in skande gehou het.

Vir ons beteken dit dat die genade van ons offerlam se bloed ons skoonmaak en ook ons skande en skaamte verwyder sodat ons met vrymoedigheid na die Here kan kom!

Here dankie dat U ons rein maak en ons skande verwyder!
U is Heilig!