11 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 17

Esegiël se volgende profesie is in die vorm van ń raaisel!

Die arend wat die top van ń seder wegdra is Babelonië wat die koning van Juda wegdra in ballingskap.

Die oorblywende mense in Jerusalem rebelleer egter deur Egipte hulp te vra teen Babelonië.

Israel word egter nou uitgebeeld, nie meer as ń seder nie, maar as n rankende wingerdstok.

Egipte sou nie kon help nie en alles het net erger geword vir Jerusalem!

Here weerhou ons van ons eie planne, mag ons U raadpleeg in alle omstandighede!
U is die Een wat hoë bome laag maak en lae bome hoog.
U rig op!