10 Mei 2023

Handelinge 25

Festus die nuwe goewerneur in die korrupte Feliks se plek, hoor in Jerusalem van die aanklagte teen Paulus.
Hy luister egter self na Paulus en besef sy onskuld, maar wil in die Jode se goeie boekies kom.
Paulus beroep hom egter op die keiser.

Agrippa die seun van Herodus kom as koning in Israel daar aan en Festus vra hom raad.  

Here dankie dat U vir ons veg.  
U is ons Advokaat en Regter!