9 Mei 2023

Dagstuk
Levitikus 14

Om ń melaatse rein te verklaar as hulle skoon was van hulle velsiekte, was ń uitgebeeide en moeilike proses.

Ek dink die eerste keer wat dit toegepas was, was toe die Here na Moses se gebed vir Miriam, sy suster, genees het van melaats.

In Jesus se tyd het priesters dit nooit meer gedoen nie, want mense het nie gesond gekom van melaats nie (dit was terminaal vir hulle).

Totdat Jesus begin bid het vir melaatses en hulle genees het!
Ek kan my net indink hoe priesters weer moes skarrel en opstudeer oor hoe om ń geneesde rein te verklaar.
Dit moes vir hulle as priesters gewys het dat iets besig is om te gebeur!

Here dankie dat U ons genees van die dodelike melaats van sonde deur U bloed!
U is ons Reinigings-offer!!