8 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 16

Die Here gebruik die beeld van n jong dogtertjie wat gebore word om Jerusalem te beskryf.
Dan word sy n jong dogter en later n mooi vrou. Ongelukkig gebruik sy haar skoonheid verkeerd!
Deur afgodery en verdrae met omliggende koninkryke hoereer sy en is sy ontrou aan haar “Man”, die Here!

Sy neem dit selfs verder deur haar kinders te offer, maar in al hierdie owerspel en afgodery het die Here steeds n plan met Sy dogter, Sy geliefde Jerusalem:
“Maar Ek self onthou steeds my verbond met jou in jou jong dae, en Ek sal 'n ewige verbond met jou oprig.”
Esegiël 16:60 AFR 20

Jesus as ons Bruidegom kom gee Sy lewe vir Sy Bruid.
Ons as Kerk word nou Sy Bruid soos Jerusalem was!
Here dankie vir U plan van genade met ons!
U is ons Beminde!