7 Mei 2021

Dagstuk
Handelinge 24

Paulus se verhoor begin voor Feliks.
Ananias, die hoëpriester en ń advokaat, Tertullus het hulle saak kom stel, maar Feliks het Paulus nie skuldig bevind nie, maar wou hom ook nie vrylaat nie.

Intussen het Feliks gehoop op omkoopgeld van Paulus af en dus gereeld na hom geluister.
Dus het hy die Waarheid gehoor en staan sonder verskoning.

Here dankie dat U elkeen op verskillende maniere die Waarheid van U liefde en heiligheid laat hoor: dan staan elkeen van ons soos Feliks voor n keuse.
Ons kies lewe as ons van U hoor!
U is die Waarheid wat Lewe bring!