6 Mei 2023

Levitikus 13

Melaats was ń baie ernstige en aansteeklike siekte in die bybelse tyd, daarom moes daar drasties opgetree word om ń melaatse persoon af te sonder vir die veiligheid van die res van die volk.

Melaats (velsiekte) word oor en oor in die skrif as n simboliese siekte gesien van ons sonde.
Dus is die gedeelte in Levitikus breedvoerig oor hoe om melaats (sonde) te erken en iemand met dit af te sonder, maar die antwoord hoe om rein te word is nie hier nie…

Dis nie in die hele ou testament nie, want die antwoord is:
JESUS!!!
Net Hy maak ons rein van sonde, skuld en onreinheid!

Here dankie dat U ons klee met ń kleed van geregtigheid!
U maak ons rein!
U is rein!
U genees!