2 Mei 2023

Dagstuk
Esegiël 14

Die Here verduidelik deur Esegiël dat as ons ń profeet met vooropgestelde idees nader, met ń afgod in ons hart, sal die Here die profeet antwoord aangaande dit wat ons WIL hoor.
En nie noodwendig die Waarheid nie, want mense hoor wat hulle wil hoor instede om onpartydig na die Here te gaan vir raad.

Daarom sê die Here aan Jerusalem dat nie eers Noag, Daniël of Job hulle sou kon oortuig om hulle te bekeer nie.

Here help ons om ons eie harte reg te kry voor U, want niemand kan ons waarsku as ons nie wil luister nie!
U is die Seun van die Waarheid!