1 Mei 2023

Hand. 22
Paulus deel sy persoonlike getuienis met die Jode by die Tempel in Jerusalem!

Hoe hy as Fariseër die Christene vervolg het en toe naby Damaskus ń ontmoeting met Jesus gehad het, gedoop is en teruggekeer het na Jerusalem om te weet hy moet vir die heidene gaan preek.

Die Jode het die minste van die deel van sy storie gehou: om vir die Heidene te gaan vertel.
Hulle hoogmoed en rassisme het hulle weerhou om te dink ander volke is ook goed genoeg vir verlossing.

Moenie dat jou vooropgestelde idees jou weerhou van die volheid van God se Waarheid nie!

Here dankie dat U ons stuur!
U stuur ons na waar dit nie noodwendig maklik is vir ons of die om ons nie!
U is die Lig wat elkeen van ons moet verlig!