29 April 2023

Dagstuk
Esegiël 13

Die Here spreek Hom ten sterkste uit teen die vals profete in Jerusalem!
Hulle profeteer vrede en voorspoed in ń tyd waar daar nie vrede is nie.
Hulle waarsku nie die volk nie maar laat hulle goed voel.

Die Here wil nie hê ons moet ń “mooi weer” evangelie van voorspoed en vrede verkondig as deel van ons dissipelskap, lyding is nie.
Kom ons roep eerder mekaar tot heiligheid as wat ons mekaar se ore streel.

Here dankie vir die Waarheid wat moet uitgaan in Liefde!

U is die ware Profeet!