28 April 2023

Dagstuk
Hand. 21

Paulus is vasbeslote oppad Jerusalem toe.
Op sy reis daarheen ontmoet skares mense hom by elke stad en waarsku profete hom oor wat wag in Israel!

Sy oë is gevestig op Jerusalem soos Jesus s'n was toe Hy oppad was vir die laaste Paasfees!

Paulus, ten spyte van Agabus se grafiese uitbeelding van sy gevangeniskap, kies om doelgerig na die stad te gaan waar alles begin het.

Daar ontmoet hy mede-gelowiges, maar kort voor lank vang en slaan die Jode hom.
Die Romeinse soldate moet hom kom red. Hy praat met die Romeine Grieks en met die Jode Hebreeus
. Sy volle tweetalligheid word hier uitgelig.

Here as U vir ons sê om iets te doen, mag ons dan so toegewyd gefokus wees dat mense se trane en waarskuwings ons nie sal laat afwyk van ons gehoorsaamheid aan U nie!
U is ons Doel!
Ons wil doen wat U sê!