27 April 2023

Dagstuk
Levitikus 10

Nadab en Abihu, die seuns van Aäron, priesters: het “vreemde vuur” in die Tabernakel in gebring.

Ons weet nie wat dit beteken nie:
Het hulle dalk kortpad gevat in die rituele of was dit vuur soos vir afgode in Egipte ge-offer was.

Wat hulle ookal verkeerd gedoen het, die Here het dit as sonde beskou en hulle daarom met vuur getref in die Tabernakel.

Die klem wat die Here aan Aäron en die volk (en ons) wou bring is dat heiligheid belangrik is!

Ons moet n voorbeeld van n heilige lewe leef.

Here dankie dat U vir ons genade gee en ons deur U skrif leer wat heiligheid is!
U is Heilig!