26 April 2023

Dagstuk
Esegiël 12

Al woon Esegiël in ballingskap saam met baie Israeliete, het hulle nog noue kontak met hulle volksgenote in Jerusalem!

Nou profeteer Esegiël vir hulle en vir Sedekia hulle leier wat begin rebeleer teen Nebukadnesar, wat al helfte van Israel weggevoer het.

Hy voorspel weer n inval van die Babeloniërs en ook dat hulle Sedekia en die res van die volk in ballingskap gaan neem. Hy vertel ook dat Sedekia dit sal deurleef maar nie sal sien nie.
Toe hierdie wel later gebeur was Sedekia se oë uitgesteek voor hy na Babelonië gevat was.

Here U waarsku vooraf.
Mag ons fyn luister om elke profetiese waaskuwing te hoor en dan daarvolgens te handel deur berou en belydenis wat breek met sonde.
U is die Waarmaker van U Woord!