25 April 2023

Dagstuk
Hand. 20

Eutigus, ń jong man, het met ń lang Sondagpreek van Paulus uit die 3de verdieping se venster uitgeval toe hy aan die slaap geraak het: dood.

Maar Paulus wek hom toe op en preek verder.

Lukas beskryf Paulus en sy groep manne wat so saam gereis het se wedervaringe deur Griekeland en met Paastyd weer deur Klein-Asië op pad om op Pinkster in Jerusalem te wees.

Toe hy egter by sy geliefdes in Efese stop (onthou hy het 2jaar daar gewoon en gepreek) sê hy dat hy gevang sou word in Israel en hierdie gemeente van hom nooit weer sien nie!

Hulle liefde vir Paulus, die een wat hulle van Jesus geleer het, is vir my so mooi!!

Here dankie vir leiers wat ons geleer het van U met hulle woorde en met hulle lewens!
Ons is lief vir hierdie mentors van ons omdat hulle ons van U liefde geleer het!
U is ons Liefdevolle Vriend!