23 April 2023

Dagstuk
Esegiël 11

Van honderde kilometers vêr van Jerusalem af wys die Here vir Esegiël wat in die stad fout is en wie die 25 manne is wat die Here se stad onheilig deur moord en korrupsie!
Toe hy die Here se oordeel oor hulle aankondig in ń ander land van hulle af, het die 1ste van die 25 gesterf!

Maar die Here belowe genade vir Israel aan Esegiël:
“Sê daarom vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Ek sal julle bymekaarmaak tussen die volke; Ek sal julle byeenbring uit die lande waarin julle verstrooi is. Ek sal vir julle die land Israel gee.”
‭‭Esegiël‬ ‭11‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Here dankie dat U harte van klip verwyder en ons harte van vlees gee, wat U Gees bewoon!!
U is Regverdig en Vrede!