22 April 2023

Dagstuk
Hand 19

“Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle tot bekering gekom het?”
Paulus se vraag aan gelowiges in Efese is ook vir jou!

Johannes die Doper se doop is net om jou omkeer van sonde te wys! (Dus die simboliek om IN die water te gaan). Maar om UIT die water op te staan beteken jy volg Jesus Christus deur Sy Heilige Gees in jou!

Efese was so geimpakteer deur die Heilige Gees in die twee jaar van Paulus se prediking daar, dat die ekonomie beïnvloed was: die afgode-makers het begin swaarkry omdat niemand meer Artemis (veelborstige beeld van vrugbaarheidsgodin) wou koop nie.

Jesus was hulle nuwe liefde!
Dit is hoekom die wat finansieël voordeel getrek het uit afgodery ń oproer veroorsaak het!

Here mag ons asb. nie bepaal wat reg en wat verkeerd is deur wat ons beursie pas nie!
Mag ons deur U Gees gelei word in die Waarheid!
U is die Heilige Gees!