21 April 2023

Dagstuk
Levitikus 8

Moses wy Aäron en sy seuns toe as priesters met ń uitgerekte en ingewikkelde inwydingseremonie. Daar was baie offers en dit het Aäron-hulle sewe dae geneem om in die Tabernakel te bly voor hulle as toegewyd beskou was.

Die Here wil ons ook aan Hom toewy as Sy Nuwe Testamentiese priesters, elkeen van ons as gelowiges! Maar die komplekse rituele is nie nodig nie, net ń verhouding met Christus is wat ons moet hê om vir Hom te werk.

Jesus ons kom gee ook ons voete, hande en ore vir U gebruik soos Aäron se regtertoon, duim en oorlel toegewy was!
Ons sal wandel in U weg!
Ons sal doen wat U vra!
En ons sal gehoorsaam wees aan U stem!
U is ons Toewydings-Offer!