19 April 2023

Dagstuk
Hand. 18

Paulus ontmoet Priscilla en Akwilla: ń getroude paar, mede tentmakers soos Paulus self, wat van Rome af kom, saam met hom in Korinte gebly het, vir langer as ń jaar en ook saam in Efese met die apostel saam gewerk het.

In Efese het hulle later ook ń jong Apollos ondersteun en gehelp om sy teologie reg te kry.
Hy is toe na Korinte waar die 3 tentmakers lank gebly en gepreek het.

Om mense as vriende en raadgewers om jou te hê, help so baie as jy in die bediening is!
Daarom bid ek elke prediker en bedienaar van Sy Woord toe, dat hulle ń Priscilla en Akwilla in hulle lewe sal hê.
Dalk rig die Here jou op om iemand so te ondersteun of soos Paulus en Apollos voor te loop in prediking.

Here dankie vir mense se liefde en inspraak in my lewe en in my bediening!
U is my Vriend!