17 April 2023

Dagstuk
Esegiël 9

Die visioen van oordeel wat Esegiël sien het ń genadekant.
Daar is voor die 6 doodsengele, ń engel gestuur wat  berouvolle mense van Jerusalem moes merk, sodat hulle nie sterf in die oordeel nie.
Esegiël sien egter hy alleen is gemerk en bly agter; al die ander in die stad is sonder berou oor hulle afgodery en moet sterf.

Dis die evangelie storie in kort:
Ons is ALMAL skuldig en moet sterf, maar daar is ń kruisie van genade op ons koppe wat ons ewige oordeel laat vryspring!

Here dankie dat U ons red deur U genade!!
U is ons Merk en ook die Merker wat ons regverdig maak!