16 April 2023

Dagstuk
Hand. 17

Paulus en sy span preek in Tessalonika, Berea en toe in Atene!
Alhoewel hulle vervolg was in die eerste twee stede het Paulus op die Areopagus heuwel, die plek van aanbidding met die mense van Atene geredeneer op hulle vlak en aan hulle verduidelik van die “onbekende God” wat hulle ń altaar voor het.

Hy sê aan hulle Hy verkondig die God:
“want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’”
‭‭HANDELINGE‬ ‭17‬:‭28‬ ‭AFR83‬‬

Dis so mooi:
“In Him we live and move and have our being!”

Of dit nou in die sinagoge was of die Areopagus, Paulus het orals waar hy gekom het mense van die Liefde van sy lewe oortuig!

Jesus, gee ons asb sulke wysheid om soos Paulus gedoen het, by mense die regte boodskap vir hulle harte te bring!
U is Díe God!