15 April 2023

Dagstuk
Levitikus 6

Deel van die uitgebreide offer struktuur wat die priesters in stand moes hou, was die restitusie wat gedoen moes word as iemand van Israel gesteel of ń ander se dier dood gemaak het en ook leuens vertel het.

Restitusie: om reg te maak, terug te betaal en jammer te sê, is deel van die proses om vergifnis te ontvang.

Ons kan nie net jammer sê oor iets wat ons verkeerd gedoen het en dit nie regmaak nie!

Here help ons om in nederigheid restitusie te doen in ons verhoudings met ander en met U.
Dan kom versoening!
U is ons Offer van restitusie met God!