14 April 2023

Dagstuk
Esegiël 8

Al was Israel in ballingskap het hulle wat in Jerusalem agtergebly het aan gegaan met afgodery!
Van diere aanbidding en ook die son na die vereering van Tammus wat verbind word met Ashera (Ishtar: die koningin afgod/ demoon).

Die Here wys Esegiël dit om die oordeel en gramskap wat verder oor Jerusalem gaan uitbreek te verduidelik.

Die Here wys die visioen aan Esegiël terwyl hy by die leiers van Israel is wat in ballingskap is.
Sy tydsberekening is ook genade.

Here dankie dat U ons deur U profete waarsku en dat die doel altyd is om ons harte terug te wen!
U is Getrou!