12 April 2023

Dagstuk
Levitikus 5

Ons almal as mense sondig, wetend of onwetend!
Waneer ons sonde doen is die volgende elemente nodig:
1. Belydenis
““ …‘ moet hy, wanneer hy aan enige van al hierdie dinge skuldig is, belydenis doen oor die saak waarin hy gesondig het.”
‭‭Levitikus‬ ‭5‬:‭5‬ ‭AFR20‬‬

2.  Boetedoening!
Die eintlike boete is dood, maar in plek van onsself kan ons n offer bring!
Jesus was ons Offer-Lam!!!

3. Versoening!
Belydenis en n boete-offer versoen ons met die Here!

4. Gehoorsaamheid!
As Jesus iemand genees of vergewe het, het Hy gesê: gaan en sondig nie meer nie!
Dus lyk gehoorsaamheid na versoening soos iemand wat heilig wil leef tot die Here se eer!

Here dankie dat U n plan in werking het vir die mense van Moses se tyd maar ook vir ons, om met U te versoen!
Jesus U is die Plan!
U is ons Versoenings-Offer!