11 April 2023

Dagstuk
Esegiël 7

Trots en sondeskuld bring onvrede, onrustigheid en die dood!
Daarom waarsku die Here Sy volk oor hulle sonde deur Esegiël: dis deel van Sy genade, dat Hy hulle oor en oor, en in detail waarsku.

Ons besef net weer hoe wonderlik dit is dat Jesus ons sondeskuld aan die kruis vasgespyker het (Kol. 2:14) en ons daarom vry kan wees van:
Sonde
Skuld
Skaamte en
Skande

Dus ook die dood!

Here U maak ons vry!
U gee ons uitkoms vir ons sonde toestand!
U is Genade!!