9 April 2023

Dagstuk
Levitikus 4

Dis Opstanding Sondag!

As jy sonde doen maar jy weet nie dat dit verkeerd was wat jy gedoen het nie, is dit steeds sonde en is jy skuldig!

Omdat jy dan behoort te sterf, het die Here ń plan vir elkeen van die tipe mense in die Ou Testament ingestel, om vergewe te word deur ń offer van vergifnis wat in hul plek moes sterf!

Jesus is ons volmaakte skuld-offer!!

Dankie Here dat U gesterf het in ons plek: vir ons doelbewuste sondes en vir ons onwetende oortredings!
Ons is nou vry, skoon en vergewe!
U is die opgestane Here!