8 April 2023

Dagstuk
Esegiël 6

Die afgode van veral Baäl en Ashera is op die heuwels en bergtoppe aanbid.
Daar was pale en afgode opgerig tot hulle eer, ook deur die Israeliete.

Meestal het hulle op die hoogtes ook dan spesiaal bome geplant sodat die afgodery in skaduwee kan gebeur en nie in die hitte van die son nie.
Nou sê die Here dat die ballingskap a.g.v die praktyke was en dat Hy dit afkeur!

Here U Naam is die enigste naam wat verhoog en verheerlik mag word!
Mag ons U op die hoogste plek in ons harte stel!
U is God!