7 April 2023

Dagstuk
Hand. 14

Mag julle elkeen 'n wonderlike Goeie Vrydag beleef as ons vandag saam die Here se kruisdood vier: die verlossing van die mensdom!!!

Paulus en Barnabas voltooi hulle 1ste sendingreis. Alhoewel hulle wonders en tekens sien gebeur het en baie tot bekering gekom het, is Paulus gestenig, vir dood agtergelaat en het hy wonderbaarlik weer opgestaan!

Die gevolg van die manne se harde werk was kerke wat begin is in verskeie stede waarmee hulle bly kontak hou het!

Here dankie dat U evangelie gemeenskappe verander en mense vry maak!
U is ons Paaslam!