6 April 2023

Dagstuk
Levitikus 3

Die offer van diere, skape, bokke en beeste het heengewys na Jesus!
Dit is hoekom dit sonder gebrek moes wees om te kan offer.

Om jou hand op die offerdier te sit voor sy keel afgesny word dui daarop dat jy jou sonde aan die dier oordra en hy dan in jou plek sterf!

Met ons wedergeboorte het ons ons hande op ons Ewige Offer, Jesus, gesit wat in ons plek gesterf het!

Here dankie dat U die perfekte offer was wat se bloed vir Ewig genoeg is om vir ons sondeskuld te betaal!
U is die Lam van God!