4 April 2023

Dagstuk
Hand. 13

Die gemeente van Antiogië stuur Barnabas en Paulus uit om die evangelie te gaan verkondig.
In Ciprus beleef hulle wonderwerke wat die Goeie nuus van Jesus so onderskraag dat selfs die goeweneur tot bekering kom!

Die weergee van die twee se bediening in ń ander Antiogië is tipies van hoe hulle gepreek het op hul sendingreise: preek eers vir die Jode by die sinagoge en dan aan ook die heidene, almal wat wil luister!

Here dankie vir Paulus se prediking en dat ons daaruit goeie teologie kan sien! U leer ons deur U Woord!
U is die Onsterflike, Ewige God!