2 April 2023

Dagstuk
Levitikus 2

Die offer van ongesuurde brood dui op die Brood van die lewe, Jesus, wat vir ons ge-offer was!

Suurdeeg verteenwoordig sonde en daarom mag geen brood wat ge-offer was suudeeg of heuning bevat het nie: Jesus was sonder sonde en daarom vandag nog wil Hy ons heilig en sonder sonde voor Hom hê!

Dit is ook wonderlik dat die Here op so n manier vir die priesters brood voorsien het, want meeste ander offers was vleis!

Here dankie dat U Heilig is en van ons verwag om konstant die suurdeeg, die sonde, uit ons lewens te haal!
U is die Brood van die Lewe!