1 April 2023

Dagstuk
Hand. 12

Vervolging van Christene begin toeneem! 'n Jaar na die kruisiging en opstanding van Jesus word Sy goeie vriend Jakobus deur Herodus vermoor en Petrus was veronderstel om volgende te wees!

Maar die Here red hom bo-natuurlik en hy vlug en versprei die evangelie, soos Paulus en Barnabas en die jonge Markus ook doen!

Herodes, die vervolger, sterf egter van sy hoogmoed!

Here somtyds word gelowiges wat vervolg word gered deur engele en ander kere weer sterf hulle!
Maar in die woorde van Daniël se 3 vriende: ons sal U bly dien of U ons uit die vuur red of nie!
U is Sowerein!
“Die bloed van die martelare is die saad van die kerk!”
U is Almagtig!