30 Maart 2023

Dagstuk
Esegiël 3

Met hierdie hoofstuk het die Here my baie jare teruggeroep na my eie “volksgenote”!

Die roeping om mense te waarsku ten spyte van hulle hardkoppigheid is nie maklik nie, maar die implikasie is dat jy nie 'n ander keuse het as om te praat nie, want anders (as jy nie vermaan nie) is die bloed en skuld, van hulle sonde op jou hande.

As jy wel waarku is wat die luisteraars doen met jou boodskap nie meer jou verantwoordelikheid nie maar hulle eie!

Here help ons om U Waarheid en standaard aan mense te stel ongeag wat hulle reaksie op die Goeie Nuus is!
U is die Waarheid en Heerlikheid!