29 Maart 2023

Dagstuk
Hand. 11
'n Draaipunt in die geskiedenis gebeur toe die Joodse gelowiges besef, soos Petrus, dat die evangelie ook vir die heidene bedoel is!
Hulle stuur toe gelowige verkondigers van die Goeie Nuus die grieks-sprekende wêreld in!

Die een waarop die boek Handelinge fokus, Paulus, het deur Barnabas se toedoen as leeraar in Antiogië begin en 'n jaar lank daar die “christene” onderrig!

Ek en jy het die voorreg om ander te vertel van Jesus ons Verlosser! Juis ook die wat anders is as jy!

Here dankie vir mense wat 'n voorbeeld van U liefde uitleef en as ons ook so leef kan die wêreld om ons “klein Christusse”noem: Christene!
Wat n eer!
U is ons Gesalfde: Christus!