28 Maart 2023

Dagstuk
Esra 10
Esra doen ‘n sonde belydenis voor die Here en die hele volk volg sy voorbeeld!
Hulle besef dat om met vroue van ander nasies te trou bring hulle weer afgodery in Israel in!
Dit was een van die groot redes waarom hulle voorouers in ballingskap weggevoer was!
Die volk besluit saam om drasties te breek met hulle sonde van ontrouheid aan God en hulle heidense vrouens weg te stuur!
Here help ons om drasties met sonde te breek!
U is Heilig!