26 Maart 2023

Dagstuk
Hand. 10
Petrus verduidelik die evangelie aan Cornelius, die Romeinse Centurion, en sy familie!
Oor Jesus sê Petrus:
“Oor Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, deur sy Naam vergewing van sondes ontvang.””
Handelinge 10:43 AFR20
Die heidense groep mense kom tot geloof, word vervul deur die Heilige Gees en word gedoop!
Die nie-Jode hoor van Jesus nadat die Here Petrus se siening oor rein en onrein verander het deur ʼn visioen oor kos!
Here dankie dat U met ons werk om ons vooropgestelde idees te verander en dat U deur ons ander na U toe wil lei!
U is die God van Nasies!
Wat die hele mensdom genadig is!