25v Maart 2023

Dagstuk

Esra 9
Esra besef die impak van Israel se sonde:
As hulle van die naburige volke se dogters vat vir vroue kom die kultuur en veral die godsdiens van daardie bose volke deur die heidense ma’s na die volgende geslag van Jode en word hulle weer afgode dienaars!
Daarom bely Esra namens die volk hulle sonde in nederige intersessie:
“Ek het gesê: “My God, ek is te skaam en verleë om my gesig na U, my God, op te lig, want ons sonde het hoër as ons koppe opgestapel en ons skuld strek tot aan die hemel.”
Esra 9:6 AFR20
Here ek besef ons mag, nee eintlik moet ons namens ons volk ook ʼn sonde belydenis maak voor ons vir hulle redding bid!
U is Heilig van geslag tot geslag!