24 Maart 2023

Dagstuk
Esegiël 1
Esegiël ʼn priester wat in ballingskap saam met Juda weggevoer is Babilonië toe, het ʼn visie van die Troonkamer van die Here gekry!
Hy omskryf in die meeste detail die 4 Engele om die Here se Troon wat Jesaja en Moses, asook Johannes en Stefanus gesien het!
Hulle weerspieël die 4 karakter eienskappe van God deur hulle gesigte:
Van ʼn Mens (Hy is soos ons)
ʼn Leeu (ons Koning)
ʼn Bul (die dienaar)
En ʼn Arend (die Een met visie vir die toekoms)!
Here ons wil saam met hierdie wesens U prys en besef U is ontsagwekkend!
Ons kan U nie eers begin verstaan nie !
U is Groot!