23 Maart 2023

Dagstuk
Hand. 9
Saulus die vervolger van Christene ontmoet Jesus Christus oppad Damaskus toe en kom kragdadig tot bekering!
ʼn Dapper Annanias gaan bid vir hom en doop hom en Paulus word vervul met die Heilige Gees en begin oor Jesus preek!!
Ook Petrus ervaar wonderwerke wat die Here deur hom doen!
Verlamdes staan op en self dooies word lewend!
Die evangelie gaan hand aan hand saam met wonders om te bevestig dat die God wat ons aanbid bo-natuurlik goed is!
Here mag daar ook wonderwerke deur ons lewens gebeur as ons vir ander bid!
Ons het ʼn verwagting vir U Krag om deur ons te werk tot uitbreiding en bevestiging van U goeie boodskap!
U is die Krag en Lewe!