22 Maart 2023

Dagstuk
Esra 8

Esra besef dat as hy en die ballinge wat terugkeer die tog van 5 maande uit Babelonië na Jerusalem maak, daar baie gevare van rowers en vyande langs die pad kan wees, veral omdat hulle so baie goud en silwer by hulle het vir die tempel se herstel.
Daarom vas hy en die volk by die Ahawa rivier en ons weet dat die koning uit sy eie soldate gestuur het om hulle te vergesel.
Esra wou nie vra nie, want hy het reeds vir die koning verduidelik dat die Here met hulle sal wees: Hy was dmv die Persiese soldate wat hulle bygestaan het!

Here dankie dat ons gebede verhoor word op ander maniere as wat ons dit verwag en dat U vir ons voorsien en ons beskerm!
Here ek hoop altyd dat die Daniël wat ons hier van lees tog die Daniël was! Hy moes baie oud gewees het, maar dit sou wonderlik wees as hy weer na Jerusalem sou kon terugkeer!
U is die Beskermer van Israel wat nie sluimer of slaap nie!