20 Maart 2023

Dagstuk
Hand 8
Die vervolging van die Christene in Jerusalem onder leiding van Saulus het tot gevolg gehad dat mense uit die stad vlug en die boodskap van Jesus so uitgedra word!
Ons kan of gedwonge gaan: vlugtelinge
Of gedwonge  ingeneem word in jou land: onderdruktes
Of gewillig gaan met die evangelie na ander plekke: sendelinge
Of in jou land ander (ongereddes) verwelkom en hulle van Jesus vertel: kerk
Die Here kan egter al 4 maniere gebruik om Sy goeie nuus by mense uit te kry!
Ek dink dis beter om gewillig te gaan of te nooi as gedwonge!
Filippus gaan so na Samaria en lei baie na die Here (later kom doop die apostels hulle in die Heilige Gees!).
Dan verduidelik hy gewillig aan ʼn vreemde in sy land die evangelie sodat die Etiopiër dit na sy land kan neem!
Daarom voer die Gees Filippus dan weg na die Filistynse gebied, na die stad Asdod toe!
Here help ons om eerder gewillig bereid te wees om altyd van U te vertel, eerder as om te moet vlug of ingeneem te word en dan geen keuse te hê as om gedwonge vir ander van ons Redder te getuig nie!
U is die Een wat ons stuur!!