18 Maart 2023

Dagstuk
Hosea 13
“ Ek is die Here jou God – al van Egipteland af. Buiten My het jy geen ander god geken nie, en naas My was daar geen redder nie.”
Hosea 13:4 AFR20
Omdat Israel teen God gekies het spreek Hy Sy oordeel verder uit oor hulle en beskryf Hy Homself as ʼn Leeu, ʼn Luiperd en ʼn Beer wat Efraim gaan verslind!
Here ons wil vir U luister en nie U gramskap op die hals haal nie!
U is die Regverdige Regter wat mag veroordeel en verslind!
Maar Dankie dat u Genade ook is!
U is Liefde!