16 Maart 2023

Dagstuk
Esra 6
Die brief aan Darius vanaf die omliggende vyande van die Jode het die teenoorgestelde effek gehad!
In stede van Jerusalem keer soos van tevore gebeur het, het Darius die bou van die tempel aan bemoedig en inteendeel die mense van die streek beveel om te help met die voltooiing van die Here se huis!
Here dankie dat deur U genade die tempel weer herbou was!
U is die God van 2de kanse wat ons altyd weer sal opbou, ten spyte van mense en vyande se opinies en opposisie!
U is die Almagtige!