15 Maart 2023

Dagstuk
Hosea 12
As die Here praat met Efraim (Israel) en Juda oor hulle sonde begin Hy deur hulle te herinner aan Jakob waar hulle vandaan kom en dat hulle stamvader met die Here gestoei het, maar ook dat hulle onder leiding van Moses Egipte verlaat het.
Die Here het altyd nog Iemand gestuur vir verlossing: daarin is ʼn belofte van Christus- Die Verlosser!!
Daarom moes Israel (en ons) reg loop met die Here:
“Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God.”
Hosea 12:7 AFR20
Here ons wil U met troue liefde aanbid en U gehoorsaam!
U is die Here, die God van alle magte!