14 Maart 2023

Dagstuk
Hand. 6

7 Griekse diakens word gekies en deur die apostels bevestig in hulle bediening.
Dit was hulle werk om praktiese versorging van veral die grieke in Jerusalem te behartig, maar omdat hulle leiers was wat vol van die Heilige Gees was kon hulle nie hulself keer om te preek ook nie!

So het Stefanus begin uitstaan as hy die skrif aan die Jode en grieke oopgebreuk het!
Sy gelaat het verander en dit laat ons dink aan Moses wat geskyn het as hy in die Here se teenwoordigheid was!

Here ons soek U teenwoordigheid elke dag! Maak ons asb anders lyk as ons U goeie nuus op ons lippe het!
U is die Heerlikheid!