13 Maart 2023

Dagstuk
Esra 5
Haggai en Sagaria profeteer aan die volk om nie hulle eie huise verder te bou en die Here se huis in puin te los nie!
Die Israeliete is dan gehoorsaam en hervat die bou van die tempel wat baie jare agter wee gebly het.
Die omliggende nasies probeer weer dan Israel soos vantevore by die koning aankla.
Here help ons om U te gehoorsaam ten spyte van mense se opinies en die koning se sienings!
Ons wil U vrees meer as mense!
U is diƩ Heerser van hemel en aarde!