10 Maart 2023

Dagstuk
Esra 4
Kores het opdrag gegee om Jerusalem en die Tempel te herbou.
Die omliggende vyande van die Jode het hulle egter verkla by sy opvolger en versoek dat hulle gestop word deur hulle valslik te beskuldig.
Op grond van Jerusalem se rebelse verlede het die nuwe Persiese koning egter hulle versoek toegestaan en is die werk van Esra gestop.
Somtyds herinner satan en jou vyande jou aan jou verlede!
Weet dan in Christus is jy ʼn nuwe skepsel!
Here dankie dat U ons nuut maak!
Help ons om soos Jerusalem, los te kom van ons verlede sodat dit nie ons groei en heiligmaking belemmer nie!
U is die Een wat Alles nuut maak!