9 Maart 2023

Dagstuk
Hosea 10
Die oordeel oor Israel en die hoofstad Samaria word verder beskryf!
Die hoogtepunt van Israel se afgodery was die goue kalf wat hulle vir baie jare aanbid het as afbeelding van God.
Nou sê Hosea dat dit ook weggevoer sal word na Assirië: nogal as ʼn geskenk vir hulle koning.
Dit alles sal gebeur, sê die profeet, as Samaria totaal en al verwoes gaan word.
Here ons wil U dien op die manier wat U sê.
Ons wil nie ons eie vorm van Aanbidding uit dink nie!
U is die Enigste onsienlike God!