7 Maart 2023

Dagstuk
Esra 3
Die mense van Juda wat terug gekeer het uit ballingskap het vir die eerste keer saam gekom in Jerusalem vir die Loofhuttefees en daar die regte offers gebring op die regte plek al het hulle nog nie die tempel begin herbou nie.
Die fondasie lê van die tempel het eers begin 2 jaar en 2 maande na hulle aankoms uit Babilonië!
Here mag ons U “huis” eerste bou voor ons ons eie bou soos Haggai die profeet vir die klomp in Esra se tyd gesê het!
U belange kom voor ons s’n!
U is Almagtig!